300 g melasse suiker (treacle sugar)
500 g botter of bakkers margarien met 80 % vet inhoud
2 ekstra groot eiers, geklits
500 ml (2 k) karringmelk
1 kg koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
200 g (4 k) high fiber bran
60 g (2 k) semels (bran)
2 gerasperde appels
100 g rooibosbessies (cranberries)
80 g klapper, fyn
100 g (1 k) pekans, gekap
Smelt botter en melasse suiker saam sodat die botter net gesmelt is. Die suiker sal wel nog korrelrig vertoon, moenie kommer. Laat afkoel en voeg eers karringmelk by en klits deur en daarna eiers. So voorkom jy dat as die mengsel dalk te warm is, eiers nie skif.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng dan die res van die bestanddele by en maak seker alles is eweredig versprei.
Maak holte in die meelmengsel en voeg die karringmelk mengsel by en roer met houtlepel totdat al die bestanddele begin aan mekaar klou. Onthou, met vinnige deegsoorte soos bakpoeier beskuit moet die deeg nie oorwerk word nie, anders sal die eindproduk hard wees. Dit gebeur omdat gluten ontwikkel word. Daar kan dus nog droë meel op die volgraan pap vlokkies wees.
Druk in plat beskuit pan met afmeting van ongeveer 35 cm x 45 cm. Druk met afdrukker of sny met groente messie in vingers. Bak by 180 ℃ vir 35 minute. Laat beskuit in die pan afkoel. Sny dan binne-in die pan in vingers. Skep uit en pak in oond op bakplate sodat daar ‘n vinger spasie tussen elke beskuit is. Droog vir 5 – 8 ure by 115 C. Onthou kus streke gaan effens langer droog.
Annelien wat is die verskil tussen high fibre bran, digestive bran en bran? Onder watter handelsnaam is dit beskikbaar?
Hallo Ciska, ek neem aan jy woon in die buiteland? As jy op Google search die woorde High fibre bran in tik sal jy sien dit is ‘n ontbyt graan wat hoog in vesel is en in dun repies vervaardig word, amper soos spaghettie, die woorde digestive en bran is dieselfde ding. Jy kan hier ook weg kom om die Hi Friber bran met Allbran flakes te vervang.