Semelkarringmelk beskuit is sag, bros en amper so lekker soos koekies. Dit is vol gesonde aspekte en die hele gesin se kolon kan daarby baat. Hierdie resep bevat GEEN eiers omdat ek dit so ontwikkel het vir eier allergië.
1. Hierdie beskuit is soos smelt in die mond koekies…murg sag agv die margarien wat met die hande ingevryf word.
2. Ek is oor 2 dinge vol fiemies…my meel en my margarien vir bak…hier is my geheim…Snowflake en Rama of Stork bake. Hoop een van die maatskappye gee my eendag werk!
3. Sny altyd jou beskuit voordat jy dit bak in vingers, na die tyd gaan dit baie help met die droog proses. Ek gebruik groot plat beskuit panne.
4. Wanneer jy beskuit droog moet die oond deur met ‘n houtlepel oop gehou word sodat die vog kan ontsnap.
5. Hoe word beskuit gedroog? Elke vinger kan direk op die draadrakkies van die oond gepak word. Ek sit vooraf foelie onder in die oond sodat al die krummels daarop kan val en later makliker verwyder word.
6. Ek is baie life om Roulynsaad in my resepte te gebruik omdat dit hoog in omega’s is…veral as die kinders nie so lief is vir vis.
7 k (1 kg) Nuttywheat (vir die oorsese gebruikers, soek vir ‘n Whole wheat meel wat baie grof en semelryk is)
2 k (60 g) semels
1 k (100 g) pekans/rosyne/cranberries of 3dele van elk
1 k (170 g) roulynsaad
1 k (80 g)gerolde hawermout (Rolled oats)
2 k (400 g) sagte bruinsuiker
1 t (5 ml) sout
2 t (10 ml) bakpoeier
1 t (5 ml) kremetart
2 t (10 ml) koeksoda
100 ml melk
500 g margarien, kamer temperatuur
2 k (500 ml) karringmelk
Hou koeksoda eenkant en meng die droë bestanddele saam. Rasper margarien in meel in en vryf met vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.
Meng die koeksoda met melk, maak seker die klonte is goed opgelos. Voeg by karringmelk om dit te aktiveer.
Meng meelmengsel met melkmengsel totdat bestanddele goed gemeng is. Druk die beskuit in plat oond panne en sny vooraf in vingers. 2 oondpanne is reg.
Bak by 180 grade C vir 45-60min op die oond se middelste rak. Laat afkoel en sny in vingers en droog in matige oond van 100 grade vir 3-4 ure met effens oop oond deur.
Bron: Annelien Pienaar, vir Ouma se Spens
Good evening. Forgive my ignorance but what is semels and roulynsaad?
Hallo Mel. Semels is Bran and Roulynsaad is Lynseed or Flaxseed. Kind regards Annelien Pienaar
Lief jou resepte baie
Hartlike dank en mag jy elke kuiertjie by BKT se resepte afdeling sommer baie geniet. Groete Annelien Pienaar
Hallo Annette, loer die bakpoeier is 2 t (10 ml) en dan die semels is korrek want 1 k ingedrukte semels weeg 30g so jy het twee koppies nodig. Verder is die resep deur ‘n hele paar van die Faceboek Boerekos met ‘n Twist lede gebak en jy kan gerus ook gaan vra op die groep of die resep werk of nie. Hoop hierdie ingligting help jou. Groete Annelien Pienaar
Sjoe dis baie lekker, ek maak dit sommer dubbeld aan. En ek sien die margarien wat mens gebruik maak tog ‘n verskil. So Rama en botter werk vir my soos jy ook aanbeveel het. Dankie Annelien, my gesin eet hierdie baksel ook weer binne ‘n week of twee op!
Hallo Aletta, sommer baie bly jy vind die raad nuttig en ja, margariene maak groot verskille in gebak. Geniet en kom wys op FAceboek jou prag gebak. Groete Annelien
Dis nou die laaste gratis resep wat ek roofkyk. Tannie Annelien, ek teken more op! Jou resepte is so maklik en lekker. Baie baie dankie dat tannie dit deel met ons.
Geniet en solank jy elke dag iets by BKT leer is ek tevrede. Beste wense Annelien Pienaar
Hierdie resept is ‘n WENNER!!
Al 3 keer gemaak, almal gaande daaoor.
Tersia, baie dankie vir die wonderlike terugvoering. Jy is ‘n oulike Twister. BkT groete Annelien Pienaar
Op watter stadium van die geveg moet mens die olie bysit? Die resep hierbo duidelik nie aan nie
Hallo Saartjie, ek dink jou navraag is vir ‘n ander resep. Daar is geen olie in hierdie resep. Net margarien of botter. Groete Annelien
Hi Annelien, baie dankie vir die wonderlike resep! My gesin is vol fiemies, kan ek “pekans/rosyne/cranberries” uitlos of moet ek dit met iets vervang? Ek gaan 2 baksels moet maak, 1 vir my en manlief net soos jou resep is en 1 vir die kinders sonder die rosyne/neute.
Celeste, jy kan wel vervanging in gewig doen, maar onthou dat as jy sade inbring dit eers vooraf geweek moet word. Groete Annelien
Hi Annelien, wil hoor of jy vir my kan sê of loodvrye versinkte panstaal veilig is om beskuit mee te bak. Indien nie, wat beveel jy aan. Dankie.
Hallo Lizette loer op FB rond daar is mense wat vlek vrye staal panne presies vir jou oond se mates maak.
Groete Annelien
Goeie dag, Ek wil weet wat gebeur as jy die suiker halveer? Moet jy dit met iets vervang?
Hallo Julia,
Die beskuit sal harder uit kom en minder soet. Indien jy ‘n suikervrye resep benodig, daar is ‘n diabetiese resep beskikbaar.
Groete Annelien
Hallo Annelien, hierdie resep lyk presies dieselfde as die eierlose semelkarringmelk beskuit hier op jou webtuiste https://annelienpienaar.co.za/2018/05/22/eierlose-semelkarringmelk-beskuit-en-kersie-biscotti-episode-7-van-boerekos-met-n-twist/?fbclid=IwAR2fG5wfq_O1JPvMVkDY2x6iA8gWTaXKmzbMCpAGH1nKJ8I44jrONsa1cLE maar hierdie een vra vir 2 koppies karringmelk en die ander een 3 koppies. Is dit reg? Dankie.
Shelly ek al loer maar ja dit is dieselfde resep. Groete Annelien