Knoffel: verwerking en preservering
Ek is dol oor knoffel en hou daarvan om altyd ’n goeie voorraad gereed te hê. Maar nie alle knoffel is dieselfde nie, en veral wanneer knoffel in olie gepreserveer word, moet mens presies weet wat jy doen. Die regte suurheid, verhoudings en higiëne is hier van kardinale belang. Kom ons kyk na die verskillende maniere waarop jy jou knoffel kan bêre en verwerk.
Knoffel jou lekker ding! Het jy geweet dat olifantknoffel (Allium ampeloprasum) eintlik net familie van knoffel is en nader aan prei staan? Daarom is die geur ook baie sagter. Die knoffel wat reeds verwerk en fyn gekoop word, is dus dikwels olifantknoffel.
Ware harde-nekknoffel (Allium sativum) het kenmerkend ’n groen kringetjie in die middel wanneer jy dit deursny. Dit het ’n baie skerp geur en die sap is taai. Sagte-nekknoffel is ook klein en sterk van geur, maar het nie die groen kern nie.
Knoffel is wonderlik om vooraf te verwerk en gereed te hê vir gebruik, maar daar is belangrike veiligheidsaspekte wanneer dit in olie gepreserveer word. Knoffel is ’n lae-suur voedsel en ’n suurstofarme omgewing soos olie kan die groei van Clostridium botulinum bevoordeel. Daarom moet knoffel nie sommer net in olie geplaas word en op die rak gelaat word nie.
Prep Tyd - n.v.t. mins
Kook / Bak Tyd - n.v.t. mins
Totale Tyd - n.v.t. mins
Moeite - Maklik
Bergingopsie: Vrieskas vriendelik
Oondtemperatuur: n.v.t.
Porsies - Nie van toepassing portions
Wenke / Tips
Bestanddele / Ingredients
Hierdie resep is eksklusief vir lede
Sluit aan by Annelien Pienaar se aanlyn kosgemeenskap en kry vir 12 maande toegang tot hierdie resep en ’n uitgebreide versameling watertand-resepte, praktiese kookwenke en inspirasie.