Onderstebo Pekan-Karamelkoek
Hierdie maklike Omgekeerde Pekanneut Karamelkoek kombineer 'n sagte suurroomkoek met 'n botterkaramelbolaag van pekanneute wat tydens die bak goudbruin karamelliseer. Die beslag word in een bak gemeng en die warm koek word ná bak omgekeer om 'n pragtige, glansende afwerking te vorm – sonder enige versiersel.
Prep Tyd - 20 mins
Kook / Bak Tyd - 45 mins
Totale Tyd - 65 mins
Moeite - Maklik
Bergingopsie: Yskas stoor
Oondtemperatuur: n.v.t.
Porsies - Lewer 1 x 20 cm koek portions
Wenke / Tips
Annelien se Wenke
- Hierdie is 'n eenbak-resep – plaas eenvoudig al die beslagbestanddele saam in een mengbak en klits tot glad.
- Vries die koekpan nadat die pekanneut-karamel ingeskep is. Dit help om die lae mooi geskei te hou wanneer die beslag bygevoeg word.
- Gebruik treacle-, demerara- of muscovadosuiker vir 'n dieper karamelgeur.
- Dadelstroop kan met esdoringstroop of heuning vervang word.
- Enige neute van jou keuse kan in plaas van pekanneute gebruik word.
- 'n Hazelneut-espresso of ander sterk koffie-ekstrak gee 'n heerlike diepte aan die koek sonder dat dit oorheers.
- Laat die koek 10 minute in die pan rus voordat dit omgekeer word. Dit gee die karamel kans om effens te stol, maar bly steeds mooi glansend wanneer dit ontvorm word.
- Hierdie koek benodig geen versiersel nie – die warm pekanneut-karamelbolaag is die perfekte afronding en maak elke sny besonder indrukwekkend.
Bestanddele / Ingredients
Bolaag
200 g (2 k) pekans grof gekap, of neute van keuse.
115 g (1/2 k) botter
100 g (1/2 k) treacle suiker of demarera of muscovado
60 g (1/4 k) dadel stroop of esdoring of heuning
1 ml (1/4 t) kaneel
Knippie sout
Koek beslag
3 eiers, ekstra groot
130 g (2/3de koppie) wit suiker
125 ml (1/2 k) sonneblom olie
200 ml suurroom
60 ml (1/4 k) melk
210 g (1 ½ k) koekmeel
1 t vanielje geursel
2 t bakpoeier
Knippie sout
Opsioneel: 50 ml koffie ekstrak van keuse (ek persoonlik trek ‘n shot espresso met Woolworths se Hazelnut koffie)
Instruksies / Instructions
Bolaag
Voor verhit oond na 170C. Voer ‘n koekpan uit met bakkers papier en smeer met botter. Skud bietjie mielieblom in die pan en skud ekstra meel uit. Mates min of meer 20 cm.
Smelt die botter, suiker en stroop saam en sodra die bestanddele gesmelt het en tot kookpunt gekom het, voeg die pekans by. Skep die pekans in ‘n voorbereide koek pan van keuse rond, langwerpig of vierkantig. Hou in die vrieskas.
Koek beslag
Plaas al die bestanddele in ʼn mengbak en klits vir 10 minute tot glad. Skep in die bevrore pan en bak dan vir 45-60 minute tot gaar.
Laat die koek vir 10 minute rus voordat dit omgekeer word op ‘n mooi opdien bord.