Spaetzle

Hierdie tradisionele Duitse Spätzle-resep lewer sagte, vars eiernoedels wat binne minute gaar is. Bedien dit eenvoudig met goudbruin saliebotter, 'n ligte rasper vars neutmuskaat en Parmesaankaas vir 'n klassieke vegetariese gereg, of gebruik dit as bygereg saam met bredies, wors of geroosterde vleis.

Prep Tyd - 20 mins

Kook / Bak Tyd - 45 mins

Totale Tyd - 65 mins

Moeite - Maklik

Bergingopsie: Vrieskas vriendelik

Oondtemperatuur: n.v.t.

Porsies - Lewer 4 porsies portions

Wenke / Tips

Annelien se Wenke

  • Melk gee 'n ryker, sagter Spätzle as water, maar albei werk uitstekend.
  • Die beslag moet dik, rekbaar en elasties wees. Pas die vloeistof of meel aan totdat die regte konsekwentheid bereik is.
  • Meng die beslag lank genoeg (ongeveer 15 minute) totdat dit lugborrels begin vorm. Dit ontwikkel die gluten en gee die kenmerkende sagte tekstuur.
  • Kook die Spätzle in liggies pruttende, nie rollend kokende water nie. Dit help om hul vorm te behou.
  • Sodra die noedels na die oppervlak dryf, is hulle gaar en kan uitgehaal word.
  • Dompel die gaar Spätzle kortliks in yswater om die gaarmaakproses onmiddellik te stop en die tekstuur perfek te hou.
  • Gooi die warm Spätzle dadelik met gesmelte botter om te voorkom dat dit aanmekaar kleef.
  • Vir 'n klassieke Duitse bediening, braai vars salieblare in botter tot bros, giet dit oor die Spätzle en rond af met vars gerasperde neutmuskaat en Parmesaankaas.
  • Spätzle hou uitstekend vir 'n paar dae in die yskas. Verhit dit eenvoudig weer in botter totdat dit goudbruin begin kleur vir nog meer geur.

Bestanddele / Ingredients

280 g (2 koppies) koek meel (jy kan ook volgraanmeel gebruik)
1 ½ teelepels sout
1/8 teelepel vars gemaalde neutmuskaat, opsioneel (nie tradisioneel nie, maar voeg ‘n bietjie ekstra geur by)
4 groot eiers
½ koppie melk of water + meer indien nodig (melk lewer ‘n ryker Spaetzle) (**voeg meer meel by as die deeg te dun is, voeg meer melk of water by as dit te styf is)
¼ koppie gesmelte botter vir opdiening

Instruksies / Instructions

Voeg die meel en sout in die bak van ‘n staan menger of meng per hand.

Breek die eiers in ‘n klein bak en klits dit om op te breek. Maak ‘n holte in die middel van die meelmengsel en giet die eiers daarin. Voeg die melk by (begin met ‘n bietjie minder en voeg meer by indien nodig).

Op stelling no 3 vir Kenwood of stelling 2-4 Kitchenaid, of per hand, meng die deeg vir 15 minute totdat die deeg elasties raak en begin om borrels te toon. Stop en met n houtlepel lig die deeg op om rekbaarheid te toets en lug borrels. Die deeg is dan gereed.

Bring ten minste 2 liter gesoute water tot kookpunt, en verminder dan tot ‘n prut. Gebruik ‘n Spätzle-maker van jou keuse (ek gebruik en verkies die Spätzle-druk), druk die noedels in die pruttende water en kook vir ongeveer 2-3 minute, of totdat die noedels na die bopunt dryf. Gebruik ‘n gaatjieslepel om die noedels na ‘n vergiettes te oor te skep, en gooi die noedels dan in ‘n groot bak met yswater. Dreineer die noedels weer, gooi dit met gesmelte botter en dien warm op.

Maak vooruit: Die Spaetzle kan in die yskas gestoor word vir ten minste ‘n paar dae en dan weer opgewarm word. Smelt botter in ‘n groot pan en gooi die Spätzle daarin om deur te warm.