Feestyd koek

Hierdie yskaskoek is die perfekte kombinasie van romerige roomkaas, ryk donker- en wit sjokolade, bros Romany Cream-koekies en 'n sagte karamelbolaag. Dit is 'n indrukwekkende nagereg wat maklik voorberei word, ideaal vir kuiergaste, verjaarsdae of enige geleentheid waar jy 'n luukse nagereg wil voorsit sonder om die oond te gebruik. Die koek word selfs lekkerder nadat dit oornag in die yskas gerus het, wat dit perfek maak vir vooruitbeplanning.

Prep Tyd - 20 mins

Kook / Bak Tyd - 45 mins

Totale Tyd - 65 mins

Moeite - Maklik

Bergingopsie: Yskas stoor

Oondtemperatuur: n.v.t.

Porsies - 4-6 porsies portions

Wenke / Tips

Annelien se wenke

  • Gebruik volroom roomkaas wat by kamertemperatuur is vir die gladste, romerigste vulsel.
  • Laat die gesmelte sjokolade effens afkoel voordat dit by die roomkaasmengsel gevoeg word om 'n syagtige tekstuur te verseker.
  • Hierdie koek sny die mooiste nadat dit oornag in die yskas gerus het.
  • Indien die koek moeilik uit die losboompan kom, plaas dit vir ongeveer 'n uur in die vrieskas. Draai daarna 'n warm, klam kombuisdoek vir 'n minuut om die pan voordat jy dit losmaak.
  • Hierdie resep werk ook uitstekend in individuele nageregglasies vir elegante porsiebediening.

Bestanddele / Ingredients

Benodig
1 ½ k fyn romany cream krummels
1/3 botter gesmelt
480 g roomkaas, glad gemeng
1 k versiersuiker
1/2 k kakao poeier
1 t vanilla geursel
1 ½ k room
1 k donker bakkers sjokolade gesmelt, hou eenkant
1 k wit bakkers sjokolade gesmelt, hou eenkant
1/4 k flake sjokolade in stukkies gebreek, enige ander sjokolade sal werk, rasper dan grof
1 k fyn klapper
1 k pekans, gekap
1/4 k kondensmelk
1/4 k karamel kondensmelk

Instruksies / Instructions

Metode
Berei ‘n losboom pan voor met kleef plastiek in die onder laag. ‘n 20 cm pan is voldoende. Of ek sit reeds die koek basis vir koek versiering onder in die pan se basis. Sodoende kan jy net die pan los maak en die finale koek van die pan se basis af gly en direk op ‘n koekbord mooi rangskik.

Meng die koekie krummels met die gesmelte botter en druk dit dan styf vas in n losboom pan. Plaas die basis in die yskas vir ‘n uur om te set.

In ‘n groot meng bak klits die roomkaas tot glad, voeg dan die versiersuiker en vanielje geursel by en meng tot super glad en romerig.

Verdeel die mengsel in twee bakkies ewe veel. In die een bakkie voeg jy die gesifte kakao en meng goed deur.

Klop die room styf in ‘n aparte bakkie. Verdeel die room tussen die twee bakkies. Vou dan die room liggies in.

Bakkie nommer 1 gaan ‘n donker kleur wees. Hierby voeg jy die gesmelte sjokolade en vou weer mooi in. Skep die beslag dan in die verkoelde pan en maak glad.

Bakkie nommer 2 gaan lig van kleur wees. Voeg daarby die gesmelte sjokolade, flake sjokolade, pekans en klapper, vou liggies in en skep dan liggies bo-op die donker laag. Maak gelyk en verkoel vir 6 ure of verkieslik oornag.

Berei die karamel sousie: smelt die karamel kondensmelk en kondensmelk saam in die mikrogolf en meng tot super glad. Laat afkoel.

Haal die koek uit die yskas en ontvorm. Skep dan van die sous oor en versier met ekstra neute, nog koekie krummels en klapper skyfies.