Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Engelse muffins met ‘n Twist

Table of Contents

Tussen ‘n Roosterkoek en ‘n English muffin kan jy my mos omkoop om my eersgebore reg te verkoop! Hierdie Engelse muffin resep kan beidekante toe om gebruik word vir Roosterkoek, knoffel brood bolletjies en dan natuurlik Engelse muffins.

My fokus vir ons Buitelug gesprek met Pretoria FM gaan wees die Engelse muffin gebak op ʼn oop vuur en ʼn giet yster plaat. Ek deel graag met julle hierdie resep uit my Boerekos met ʼn Twist kookboek.

200 ml(3/4 k) lou water
125 ml (1/2 k) karringmelk
10 ml (2 t) kits gis
450 g (3 k) koekmeel
2.5 ml (1/2 t) witsuiker
2.5 ml (1/2 t) sout
80 g (1/2 k) fyn mieliemeel

Meng die waer en karringmelk saam. Sif al die droë bestanddele saam, behalwe die fyn mielie meel. Die fyn mielie meel is vir die uitrol en bak proses.

Voeg die karrinmelkmengsel by die gesifte meel en meng om ʼn deeg te vorm. Laat die deeg vir 15 minute rus.

Knie die deeg vir 5 minute tot glad en laat vir 60 minute om dubbel die volume te rys. Sprinkel n werks oppervlakte met die fyn mielie meel en keer die deeg daarop uit en druk die deeg met die palms van jou hand plat. Jy kan ook ʼn koekroller gebruik maar met die palms van jou hand is ook genoegsaam. Druk dit ongeveer 3 cm plat. Los vir 5 min en druk dan 5 cm tot 10 cm sirkels uit. Pak die sirkels op ʼn bakplaat, bedek met ʼn tee doek en laat dan weer rys vir 15 minute.

Voor verhit ʼn giet yster pan of plaat tot medium warm. Braai elke sirkel direk sonder olie op die droë pan. Bak vir 5 minute per kant.

Bedien warm.

Wenk: Hierdie muffins, halveer en bevries. Haal bevrore uit en rooster dit en bedien met roomkaas, biltong en ander heerlike lekker souse.

Rooster koek: deel deeg op in groottes van keuse en braai op rooster oor kole. Stok brood is natuurlik ook heerlik.

Bron: Boerekos met n Twist kookboek en Vleis die omvattende gids. Deur Annelien Pienaar: www.annelienpienaar.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

One Reply to “Engelse muffins met ‘n Twist”

  1. Hanlie Buytendach

    Lyk heerlik! Gaan beslis probeer! Dankie.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!