Die eerste keer toe ek Halva eet kon ek nie mooi my brein om die smaak en tekstuur kry nie. Dit was iets wat ek nog nooit geëet het nie en tog absoluut verslawend. Dit het ‘n fudge tekstuur met die smaak van sesame saad. Jy kan self die tahini maak deur sesam saad te rooster en dan tot ‘n smeer te maal. Ek het een met heuning en kaneel geproe en iewers het die smaak van sitrus sterk deur gekom.

Hierdie resep wat ek gee is ‘n basiese resep en jy kan regtig met die geure speel in die vorm van fyngemaalde speserye en geurmiddels. Jy kan die pasta wat jy maak in vorms druk, in ‘n pan uitgooi en vormpies druk of net in blokkies sny. Lekker speel en geniet die reis.

Ek gebruik ook in die plek van tahini paste my eie pekans van ons boord om in ‘n fyn pasta te maal.

Vir die beste gehalte Suid-Afrikaanse Pimperneute (Pistasio nuts) bestel direk by die boer by: wercon@mweb.co.za, Rina Coetzee en verwys na BKT!

400 g (2 k) witsuiker
50 g glukose stroop
125 mℓ (½ k) water
2.5 mℓ (½ t) fyn kaneel
15 mℓ (1 e) fyn suurlemoenskil
400 g (2 k) tahini of enige neute botter
5 ml vanielje geursel of 1 peul geskraap
2.5 mℓ (½ t) sout

Voer ’n bakplaat van ongeveer 20cm x 20cm uit met bakpapier en spuit goed.

Voeg die suiker, glukose stroop, water en suurlemoenskil in kastrol en roer oor medium hitte en bly roer totdat die suiker opgelos het. Laat die mengsel kook sonder om te roer totdat dit 120 ℃ meet op ‘n suiker termometer.

Plaas die tahini, vanielje en sout in ‘n mengbak van ‘n staan klitser en klits om romerig te word op medium spoed en ho aan klits. Voeg die warm stroop in ‘n baie dun straaltjie by die bewegende lem en hou so aan totdat al die stroop in geklits is. Oppas, om te brand. Meng die mengsel vir ’n minuut totdat jy sien dit trek los van die kante van die mengbak. As jy te veel klits maak jy sandsuiker…sou hou die mengsel baie, baie mooi dop.

Skep die mengsel dadelik in die voorbereide pan en druk plat. Laat goed afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit sny.

Stoor in lugdigte houer.

VARIASIE
1. Vervang ½ k suiker met ½ k heuning, maar verhit die heuning apart tot 80C en roer dit saam met die stroop by die tahini as dit geklits word. Heuning kan maklik skroei.
2. Voeg 1 k warm nuete by voordat jy uitskep.
3. Kardamom fyngemaal is heerlik saam met hierdie resep

BRON: Annelien Pienaar, 2017, Lekkergoed klas 2017, www.annelienpienaar.co.za klasse