Hierdie is ‘n klas wat beginner en gevorderde baksters kan oorweeg om die fynere bakvaardighede aan te leer.

Wat kan jy verwag om tydens die klas te leer?
1. Botterkoeke en Sponskoek:
a. Bestanddele bespreking en die wetenskap van koek.
b. Bereiding van die koek vir die dag .
c. Oond bespreking, baktoerusting en toerusting oor die algemeen.
d. Bak tye en temperatuur aanpassings, vir groter en kleiner koeke.
e. Raklewe en verkoeling.
f. Vulsels bespreek
g. Laag koeke bespreek en demo van suiker- en krummel laag. Koeke gelyk te trek en teksture op kante aanbring.

2. Botter- en Meringue versiersels.
a. Bereiding van beide versiersels.
b. Basiese versierpunte gebruike en tegnieke ter voorbereiding vir die gevorderde klasse. Hierdie sal jou die vaardigheid vinnig aanleer hoe om ʼn spuit sak vas te hou, watter opsie om te neem vir n spesefieke versiersels en eindprodukte. Hierdie tegnieke word eers in geoefen voordat jy die 6 kolwyntjies wat jy huis toe neem gaan versier.
c. Hoe om ʼn wit versiersuiker te kry, gebruike van gel en poeier kleursels en geursels.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).