Wat kan jy verwag
Tydens hierdie klas word jy die beginsels van Suurdeegbrood geleer. Vanaf die begin van ‘n plantjie se groei, instandhou en vermeerdering. In die klas maak jy ‘n basiese lae hidrasie deeg (wit of bruinbrood) en ‘n ciabata (lae hidrasie deeg) word aan julle demonstreer. Daar is 10 stappe wat hanteer word in die klas vir die bereiding van Suurdeeg brood, ongegag watter tipe hidrasie gevolg word. Fokus op autolyze, knie, opmaak van deeg, koue fermentasie, bak tegnieke, snitte ens word goed in geoefen. Verder word jy ook geleer om ‘n tweede styl broodbak te leer naamlik om met gis te werk en ons gebruik die biga (outydse spons metode) om geurige en nog steeds gesonde brood te bak.  Tydens hierdie dag is die hoof fokus: gesonde eetgewoontes, -praktyke en die feite en mites rondom gluten allergië en GI. Dit is ‘n klas propvol inligting en raad.

Hierdie is ‘n tegniese klas vir almal wat hou daarvan om nuwe vaardighede aan te leer. Hierdie resepte is verwerkings van wat ek in die industrie op grootskaal mee oopleiding gee.

Bakkers persentasies sal ook tydens die klas hanteer word vir bakkerye en groter maat opsies sou jy die vaardighede wil aanwend vir ‘n besigheid.

Ek sien sommer baie daarna uit om hierdie vaardighede vir julle te leer en jou te ontmoet in my klas.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00. 

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar

‘n Ekstra bakkerstelletjie teen R250 kan bestel word by: boerekostwist@gmail.com wat in sluit, linne bedekte bakkersmandjie. Bakers couche lappe teen R150 per 50 cm.