Sjokoladewerk kan of ʼn wonderlike ervaring wees of dit kan jou tot raserny dryf. Sjokolade is ʼn pragtige manier om mooi nageregte, koeke en terte te versier. Om die fynere kunsies van hierdie wonderlike bestanddeel te ontgin gaan ons spesefiek met Couverture sjokolade werk. Daardie soort wat jy NIE in die gewone bakkerswinkels kry.

Wat kan jy verwag om tydens die klas te leer?
1. Die verskil tussen n bakkers sjokolade en Couverture.
2. Toerusting in fynere detail bespreek en demonstreer.
3. Tegnieke wat hanteer word is:
a. Tempering van sjokolade om dit in n werkbare formaat te kry.
b. Vou van tuisgemaakte papier versierbuise, ons gaan sommer baie van hierdie tydens die klas gebruik. Min mors en sjokolade kan so herwin word vir latere gebruik.
c. Giet van vorms vir vulsels
d. Vulsels
e. Gananche
f. Truffles en doop daarvan.
g. Vryhand werk: sigare, twee kleur sigare, krulle, teken met sjokolade, marmering van sjokolade.
e. Kleur van sjokolade vir chocolate bark.

Hierdie is ‘n tegniese klas vir almal wat hou daarvan om nuwe vaardighede aan te leer. Hierdie resepte is verwerkings van wat ek in die industrie op grootskaal mee oopleiding gee.

Ek sien sommer baie daarna uit om hierdie vaardighede vir julle te leer en jou te ontmoet in my klas.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00. 

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Groete

Annelien Pienaar