Seepmakery is ‘n eeue oue tradisie en vir my is dit iets wat ek probeer lewendig hou vir my kinders en ook die nageslag wat kom. Vandat ek kan onthou is ek besig met kruie, speserye en probeer volhoubaar leef. Ek het groot geword met die kook (warm proses) van seep en later jare my ma se invloed met kruie en speserye in haar seep my eie gemaak. My dogtertjie is gebore met erge vel probleme en ek het begin om terug te gaan na wat my ma my geleer het. Maak self! Geen preserveermiddels, gebruik wat moeder natuur vir ons gee en preserveer op die natuurlike manier. Seep is ‘n produk van vette wat verwerk word en ons kan 100% dierlike vette gebruik of vegan gaan deur net plant olies en botters te gebruik. Seep sal ons maak.

Hierdie kursus is ‘n VOORVEREISTE vir die Velsorg klas!

Wat kan jy tydens die klas verwag?
1. Bespreking van teorie oor Koue proses en Warm proses seep. Veiligheid eerste!
2. Seep formules
3. Bestanddele indiepte: olies, botters, essensiele olies, preservering op ‘n natuurlike manier
4. Prakties, maak van:
a. Koue proses seep met net plantaardige olies vir sensitiewe velle met vit E en lanolien.
b. Warm proses seep met dierlike vet en kombinasie plantolies,  ‘n skrop seep vir voete en hande as jy lief is vir tuin maak of growwe werk en daardie ekstra bevogtiger nodig het…selfs vir linne was!
5. Hantering van foute by seepmakery
6. Sny, veroudering en verpakking van seep.

Ek sien sommer baie daarna uit om hierdie vaardighede vir julle te leer en jou te ontmoet in my klas.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00. 

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar