Hierdie is ‘n klas wat beginner en gevorderde baksters kan oorweeg om die fynere Sagte versiersel vaardighede aan te leer.

Botter- en Meringue versiersels.
a. Bereiding van beide versiersels: Buttercream, Swiss butter cream, Italian en French, Flex tipe versiersels wat nie smelt.
b. Basiese versierpunte gebruike en tegnieke. Hierdie sal jou die vaardigheid vinnig aanleer hoe om ʼn spuit sak vas te hou, watter opsie om te neem vir n spesefieke versiersels en eindprodukte. Hierdie tegnieke word eers in geoefen voordat jy die 6 kolwyntjies wat jy huis toe neem gaan versier. Jy maak 3D rose, daisies, blare en ander blomme. Kry ervaring met Russiese punte en hoe om kreatief met wat jy het tov versier punte wel tegnieke te kan bemeester sonder om ‘n fortuin te spandeer op versier toerusting.
c. Hoe om ʼn wit versiersuiker te kry, gebruike van gel en poeier kleursels en geursels.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).