Konings versiersel of te wel Royal Icing kom al van die vroegste van tye saam met koekversier en alles wat mooi is. Die afgelope paar jaar het hierdie wonderlike versiersel weer sy verskyning gemaak in die vorm van koekies wat in n verskeidenheid van maniere versier word. Die koekie basis is net so belangrik soos die versiersel self.

Wat kan jy tydens die klas verwag?
Die koekie basis
1. Die bereiding van basiese koekie deeg soorte geskik vir Royal icing.
2. Rol, sny en vorm van deeg.
3. Oonde, bak en storing van koekies vir latere versier.

Versiersel
1. Bereiding van drie diktes Royal versiersel, vars eiers vs meringue poeier. Gel en poeier kleursels, geursels en meringue basics 101!
2. Hantering en storing van versiersel.
3. Tegnieke: flooding, floating, stenciling, marbling, spuit tegnieke en verf van koekies.
4. Vou van papier versierbuise om werk makliker en proseslyn te vergemaklik.
5. Storing en raklewe

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).