Ek is passievol oor die bewerking van vars groente en vrugte om ‘n langer raklewe te hê. Daar is egter Voedsel veiligheids aspekte wat mens ingedagte moet hou tydens tuis produksie. Hierdie basiese beginsels is ook op Industriele vlak van toepassing en ons raak ook aan hierdie massa produksie onderwerp tydens klas.

Tydens die klas kan jy verwag:
1. Basiese beginsels van preservering vir Voedsel veiligheid.
2. Toerusting, bestanddele.
3. Resep ontleding en basiese begrippe vir aanpassing van resepte.
4. Prosesse soos KBA, stoomdrukkers en canning opsies.
5. Konfyt, Piekels, Blatjang en souse. Hierdie vorm ook deel van die prakties en jy sal 3 van hierdie produkte in die klas self vervaardig.
6. Verdikkers en stabiliseerders.
7. Raklewe en oormaat rou bestanddeel en bewaring vir later kook.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).