Die term “Pastry” vir hierdie klas verwys na die bereiding van ‘n verrykte deeg en ‘n gelamineerde deeg. Daar is niks so mooi soos ‘n netjies bereide tert of pastei kors wat die oog vang. In hierdie klas is dit my uitsluitlike doelwit om jou die beginsels te leer en ‘n heerlike nuwe perspektief gee met ‘n paar unieke Twists.

Wat kan jy verwag om tydens die klas te leer?
1. Basiese Pastry dough beginsels.
2. Bereiding van ‘n gelamineerde deeg soos skilferkors (puff pastry) of blaardeeg (flaky pastry) en flan deeg deur die kursusgangers.
3. Soet en sout vulsels.
4. Probleem oplossing met deeg.
5. Rol van deeg, vorming, blindbak, vul en finale bak.
6. Oonde bespreking, baktoerusting en ander spesialis gereedskap.
7. Versiering en patrone vir deeg: tekstuur rollers, vlegsels, snitte en vele meer.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).