Meringue kan mens lekker laat kopkrap en met hierdie klas gaan jy paar tegniese vaardighede aanleer oor meringue. Hierdie is ‘n interaktiewe demonstrasie klas. Dit beteken dat ek die fasiliteerder gaan wees en julle onder instruksie elke resep gaan aanpak as ʼn span. Jy gaan meringue in n heel ander lig beskou en heerlike mooi lekkergoed pakkies maak wat harte sal steel maar ook aanvullend tot versierings vir koeke, kolwyntjies en partytjie tafels.

Wat kan jy verwag om tydens die klas te leer?
1. Basiese beginsels van meringue
2. Toerusting
3. Koue en warm meringues, gebruike en storing
4. Lekkergoed: feestelike idees vir lekkergoed en bederf pakkies met 3D vormpies soos ʼn sneeuman, skapies, sterre, net wat jy van kan droom!
5. Meringue afronding vir koeke en terte met ʼn Twist van sy eie. Ons gaan hier ook met die versierbuis mooi vorms spuit.
6. Voedsel veiligheid tussen warm en koue meringues en wat om jou kliënt te adviseer.
7. Berging en storing van gedroogde produk asook raklewe.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en ook verpakking is ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat.

Venue
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).