Wat kan jy tydens die klas verwag?

Hierdie is ‘n semi demonstrasie klas. 

Koekbak is meer as net die meel en die suiker en eiers wat vermeng word, nee dit gaan oor die samevoeging van daar die bestanddele op ‘n wyse wat die tekstuur en smaak verander in ‘n onvergeetlike ervaring vir jou gas. Maar ons kry soms kopkrappers op ons pad en daarom kan ek jou help om kopkrappers uit te pluis met hierdie interaktiewe demonstrasie klas.

Wat kan jy verwag?
1. Teorie: bestanddele in diepte bespreek, die verhoudings van bestanddele, aanpassings van resepte vir kliente, klassifikasie van koeke.
2. Prakties: botterkoek, sponskoek, chiffon koek en genoise spunge. Elke soort koek word demonstreer, die applikasie van koeke vir 3D sculpted koeke word hanteer. Tee koeke vs verjaardag koeke vir kinders word bespreek en geproe.
3. Daar word geraak aan die voorbereiding van die koek vir versiersels, panne en vassit van koeke as dit moet uitkeer…allle kopkrappers word hanteer.

Hierdie is ‘n tegniese klas vir almal wat hou daarvan om nuwe vaardighede aan te leer. Hierdie resepte is verwerkings van wat ek in die industrie op grootskaal mee oopleiding gee.

Bakkers persentasies sal ook tydens die klas hanteer word vir bakkerye en groter maat opsies sou jy die vaardighede wil aanwend vir ‘n besigheid. Omskakeling van resepte om in volumes aangepas te word vir verskillende grootte panne.

 Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00. 

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar