Kleinkoekie bakery

‘n Semi-demonstrasie, Saam-doen klas. Vir wie is hierdie klas? Almal wat wil bak vir profyt en of sommer net meer wil leer van die Wetenskap van koekies, raklewe en verpakkings opsies.

Weens die hoeveelheid koekies wat produseer word tydens die les, sal die klas in spanne verdeel word. Hierdie klas se doelwitte is om jou as bakster/bakker die grondslag te gee om die verskillende klassifikasie van koekies te kan bak. Daar is altesaam 8 verskillende koekie kategorië en elke kategorie word in die klas hanteer nl:

Drup koekies
Stafies
Gerolde koekies
Gevormde 3D koekies
Koekie drukker/meule koekies
Geen bak koekies
Yskas koekies

Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar