‘n Omvattende klas oor die maak van harde en sagte kase tuis. Die klas het die volgende ten doel:

  1. Bespreking van: toerusting, bestanddele, verskaffers in SA, resepte interpretasie, basiese beginsels van kaasmaak, higiene en veiligheid.
  2. Prakties:
    Harde kase: feta, gouda/cheddar, mozzarella,
    Sagte kaas: joghurt/amasi, roomkaas.Hierdie is ‘n tegniese klas vir almal wat hou daarvan om nuwe vaardighede aan te leer. Hierdie resepte is verwerkings van wat ek in die industrie op grootskaal mee oopleiding gee. Hierdie vaardighede kan dus op grootskaal produksie ook toegepas word.Ek sien sommer baie daarna uit om hierdie vaardighede vir julle te leer en jou te ontmoet in my klas.Jy ontvang in die klas:
    1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
    2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
    3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
    4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.comVenue en tyd:
    In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
    Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).Alle klasse begin  om 09h00. Parkering
    Hekke open om 08h45.Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!GroeteAnnelien Pienaar