Wat gaan ons maak op hierdie dag?

  1. Braaisout met ‘n heerlike kruie en speserye gesprek. Ons kyk ook na hoe om vleis te sout en gaar te maak soos steak om nie taai te wees. Wanneer sout mens vooraf en wanneer nie.
  2. Gegeurde strope vir roomys, melkskommels, koffie, nagereg, koeke en ander gebak. Daar sal na ‘n lae koolhidrate stroop gekyk word met die nodige inligting om nutrient waardes te gee asook raklewe.
  3. Seepmakery. Ons gaan vinnig ‘n koue metode doen vir ‘n heerlike melkbasis seep om ons lywe en hande mee te was en sag te hou. Daar gaan ‘n gesprek wees wat handel oor essensiële olies en die toepassing en gebruike daarvan.
  4. Saam met die seepmakery gaan ons ook ‘n sagte badsout maak om die hele liggaam te verfris na ‘n lang dag.
  5. Ons maak ‘n malvalekker wat per versierbuis gevorm kan word en gespuit word in interessante ontwerpe. Nuwe resep wat ontwikkel is juis vir hierdie doel. Selfs die maak van ‘n blommer ruiker is op die horison.

Venue: Van Gaalen Cheese farm, Skeerpoort, Hartbeespoortdam

Tyd: 09h00 tot 14h00

Ingesluit: Ligte verversings, nota’s (e-formaat), resepte gedruk, bestanddele