Dit is nie hoe goed jou kamera of hoe duur dit is wat ‘n foto goed maak nie. Nee dit is hoe jy lig lees en elmenete saam in ‘n raampie plaas om ‘n mooi kiekie te lewer. Jy manipuleer self die uitkoms van jou foto deur kennis te hê van die komponente van jou kamera. Deur hierdie elmente reg te bestuur lewer vir ons ‘n komposisie wat vir die kyker aangenaam is en ‘n storie vertel. Die storie moet so sterk wees dat daar iets in die leser sal skuif om in aksie oor te gaan om die produk, diens of jou kos te wil koop. Ons is visuele storie vertellers en met die hierdie klas hoop ek om vir jou die sleutels te gee om die beste uit jou toerusting te kry en ook jou oog te oefen om lig te lees en te bestuur met jou toerusting tot jou beskikking.

Vereistes vir die klas

  1. DSLR kamera of ‘n foon kamera wat manual kan fotografeer.
  2. Lightroom en ‘n rekenaar vir editing doeleindes of alternatiewe apps soos snapseed op jou foon.
  3. Tripod (nie ‘n vereiste, maar sal vir jou ongelooflik baie help)

Dag 1: Leer jou kamera ken: teorie en prakties

  1. Lees en studie van lig
  2. Exposure: ISO, Aperture, Shutter speed = Manual mode
  3. Histogramme
  4. White balance
  5. Metering modes
  6. Fokus: Manual vs Auto
  7. Lense en filters
  8. Natuurlike lig bestuur en modifiers
  9. Kunsmatige lig bestuur en modifiers
  10. Shooting tethered
  11. Sosiale media strategie en bemarking

Dag 2: Styllering

  1. Ontwerp beginsels: balans, nadruk, ritme, lyne, kleur (kleur is ook ‘n groot afdeling)
  2. Framing: hoe om die ontwerp beginsels in teorie toe te pas.
  3. Hoeke: 0°-45°, 45°-75°, 90° and flatlay’s. Lens opsie vir elke hoek, lig bestuur ens.
  4. Beplanning op papier vir jou shoot van straight on, 45° en flatlay.
  5. Prakties, evalueer.
  6. Lightroom basics and editing software: hierdie is net ‘n vinnige demonstrasie van ‘n foto.
  7. Bespreking oor die kreatiewe proses en om rigting te kry met die oormaat informasie van die kursus…

Beperkte plek

Koste: R3500

Plek: Van Gaalen kaasplaas