‘n Demonstrasie klas oor die droog van groente, vrugte, vleis en vele meer. Weens die tydsraamwerk van die droging gaan hierdie net ‘n demonstrasie wees. Volledige nota’s in PDF formaat word in Engels verskaf aan die kursusgangers, kontak besonderhede vir toerusting en verpakking. Al hierdie praktyke kan met ‘n tuis oond gedoen word gegewe die minimum temperatuur is 55C. Tydens die klas sal ʼn dehydrator met 6 laaie gebruik word om te demonstreer.

Lesplan

  1. Vrugte: droging van heel vrugte en vrugte rolle, oksidasie prosessse
  2. Groente, kruie: droging van gaar en rou groente. Aandag aan kruie om vlugtige olies te bewaar. Droging van stysels.
  3. Vleis: gepekelde vleis, bobotie, kerrie vleis vir langer rak lewe om volledige etes voor te sit.
  4. Gebak: gebruik van dehydrator in die droging van meringues, fondant, royal versiersel.

Venue: Van Gaalen Cheese farm, Skeerpoort, Hartbeespoortdam

Tyd: 09h00-17h00