Die veerligte lae van Franse gebak soos Croissants is iets wat ons almal aan die gesêls kry rondom ‘n tafel. Danish pastry val in dieselfde kategorie met so paar klein kinkels tov bestanddele maar die beginsels van die lae bly dieselde. My doelwitte vir jou in hierdie klas is soos volg:

1. Bespreking van bestanddele en metodes vir die bereiding van die twee deeg soorte.
2. Prakties: maak van een van die deeg soorte (jou keuse, jy ontvang beide resepte): Croissant deeg of Danish pastry, prossesse en finale gebak.
3. Vulsels: konfyt, vla, roomkaas word bespreek en berei.

Hierdie is ‘n tegniese klas vir almal wat hou daarvan om nuwe vaardighede aan te leer. Hierdie resepte is verwerkings van wat ek in die industrie op grootskaal mee oopleiding gee.

Bakkers persentasies sal ook tydens die klas hanteer word vir bakkerye en groter maat opsies sou jy die vaardighede wil aanwend vir ‘n besigheid.

Ek sien sommer baie daarna uit om hierdie vaardighede vir julle te leer en jou te ontmoet in my klas.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!