Hierdie is die standard 500 g botter vormpie. Die vormpie se vier sye is met skarniere per invoeg werk aan mekaar geheg en kan dus maklik oopmaak om die botter te ontvorm.
Daar is ‘n basis wat onder in die bakkie rus wat met botterpapier oorgetrek word voor die botter gevorm word.
Die spaantjie is netjies afgerond om botter in die vormpie te druk en gelyk te skraap.
Die dele van die stelletjie is NIE afsonderlik beskikbaar.
Resep vir Botter maak ingesluit.
Mari Roode –
Stel belang om bottervorm x 2 te koop
Annelien –
Hallo Mari, jy kan op die webtuiste by die winkeltjie die aankope direk doen. Groete Annelien
Mari Roode –
Hallo
Was nie duidelik waar om bottervorm te gaan koop nie. Eintlik al vergeet maar email wat ek ontvang het het my na die regte blad geneem.
Dankie
Groete
Mari
Annie van Niekerk –
Hierdie bottervorms werk fantasties en maak die hele proses net só maklik.
Annelien –
DAnkie vir die wonderlike terugvoering oor die bottervorms. Ek geniet myne net soveel! Groete Annelien
Christine –
Goeie middag wanneer sal die bottervorms weer in voorraad wees?
Annelien –
Christine, ek wag vir voorraaad, hou asb die spasie dop. Groete Annelien