Suurdeeg / Sourdough klas – October 28

Suurdeeg / Sourdough klas – October 28

R950.00R1,250.00

19 in stock

October 28 @ 9:00 am3:00 pm

Suurdeeg en Gis gebak word tydens die klas hanteer. Die hoof fokus sal wees Suurdeeg en –praktyke. Die doelstelling van die klas is om die student te leer om met twee tipes deeg te werk, ongeag die tipe meel wat gebruik word. Vir hoë hidrasie deeg en lae hidrasie deeg is daar verskillende maniere van knie, vou en bak. Tydens die klas leer u om ciabatta (hoë hidrasie deeg), baguettes (lae hidrasie deeg) en vele ander vorme van brode te maak. Die klas is interaktief en elke student produseer op sy eie pas ’n stel van brode. Gesondheids feite en mites oor gluten allergieë en –sensitiwiteit word hanteer. Bakkers persentasies, instandhouding van suurdeegplantjie word breedvoerig hanteer. U ontvang ’n volledige handleiding en stel resepte om self na afloop van die klas verder te woeker.

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

R1250 met kit, ete & verversings
R950 sonder kit
Kit sluit in: Bakkers mandjie, -lappie, -skraper.

SKU: N/A

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Suurdeeg / Sourdough klas – October 28”

Your email address will not be published. Required fields are marked *