Description

Wat kan jy verwag
Tydens hierdie klas word jy die beginsels van Suurdeegbrood geleer. Vanaf die begin van ‘n plantjie se groei, instandhou en vermeerdering. In die klas maak jy ‘n basiese lae hidrasie deeg (wit of bruinbrood) en ‘n ciabata (lae hidrasie deeg) word aan julle demonstreer. Daar is 10 stappe wat hanteer word in die klas vir die bereiding van Suurdeeg brood, ongegag watter tipe hidrasie gevolg word. Fokus op autolyze, knie, opmaak van deeg, koue fermentasie, bak tegnieke, snitte ens word goed in geoefen. Verder word jy ook geleer om ‘n tweede styl broodbak te leer naamlik om met gis te werk en ons gebruik die biga (outydse spons metode) om geurige en nog steeds gesonde brood te bak.  Tydens hierdie dag is die hoof fokus: gesonde eetgewoontes, -praktyke en die feite en mites rondom gluten allergië en GI. Dit is ‘n klas propvol inligting en raad.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 15h00

Ingesluit: Ligte vervesings, nota’s (e-formaat), resepte gedruk, verpakking, bestanddele

‘n Ekstra bakkerstelletjie teen R250 kan bestel word by: boerekostwist@gmail.com wat in sluit, linne bedekte bakkersmandjie. Bakers couche lappe teen R150 per 50 cm.