Sourdough / Suurdeeg broodklas 26 Mei 2018

Sourdough / Suurdeeg broodklas 26 Mei 2018

R1,450.00 R990.00

Out of stock

Out of stock

Category:

Description

Suurdeeg brood is die gesonder opsie om te oorweeg indien jy wil oorbeweeg na steengemaalde meel en eeu oue brood praktyke. Suurdeeg bevat goeie mikrobes vir die maag en die dermkanaal en gepak met probiotika. Jy sal tydens die klas geleer word hoe om ‘n suurdeeg plantjie te onderhou, brood elke dag te kan bak en ons kyk na alternatiewe maniere om ‘n brood voorraad op te bou. Tydens hierdie klas word jy die basiese beginsels van Suurdeeg brood en Gis brood geleer. Daar word aandag gegee aan verskillende deeg soorte soos ‘n “high hydration” en “low hydration” deeg. Hierdie hidrasies onderskei ook die knie- en opmaak tegnieke vir die verskillende brode. Jy bak self die brode in die klas en kry die gevoel van die deeg en die hantering daarvan. In die klas word ‘n basiese bruin of witbrood gemaak met suurdeeg en ‘n demonstrasie van die Ciabata word gedoen.

Tyd: 09h00 -15h00

Plek: Boerekos met ‘n Twist ateljee te Bos en Berg gasteplaas (Google maps: Bos en Berg guestfarm)

Notas: Word per epos 2 dae voor aanvang van klas gestuur.

Bring saam: Koelhouer, 750 ml glasbottel om plantjie in te vervoer met dig passende deksel, pen.

Koste sluit in: Verversings, resepte, bestanddele, verpakking, ligte ete

Addisionele bakkerstelletjie kan bestel word en op die dag van klas ontvang word teen: R250 per stel wat insluit: Bakkersmandjie van riet, Bakkerslappie (couche), deegskraper. Bestelling kan per epos by: boerekostwist@gmail.com bestel word.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sourdough / Suurdeeg broodklas 26 Mei 2018”

Your email address will not be published. Required fields are marked *