Sagte versiersel spuit tegniek klas: 23 Februarie 2019

R750.00

4 in stock

Wat kan jy verwag

Gedurende hierdie klas word daar aandag gegee aan die gebruik en toepassings van versierbuis punte en hul gebruike. Die geskikte konsistensie van versiersel en die soort versiersel vir die verskillende behoeftes van gebak. Blomme in 3 D, blare, krulle en vele meer word gemaak om jou toe te rus met praktiese ervaring en resepte om tuis mooi koeke, kolwyntjies en nageregte te versier. Botterversiersel, Italiaanse en Swiss botter versiersels asook gekookte versiersels kom onder die vergroot glas en een van die gekookte versiersels word in die klas demonstreer en ook gebruik. Die versierbuise en punte wat in die klas gebruik word, is items wat ook landwyd in SA beskikbaar is en daar sal ook bestellings geplaas word om teen kosprys te bestel. Versiersakke en nie buise word gebruik om meer akkuraat te werk en konstante druk te verseker.

Daar word tussen deur ook aandag gegee aan die verskillende tipes koek soos botterkoek, chiffon koek, angelfood ens om tegnieke vir koekbak te bespreek. Resepte vir goeie basis koeke vir jou behoeftes word ook in eformaat verskaf.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 15h00

Ingesluit: Ligte verversings, nota’s (e-formaat), resepte gedruk, verpakking, bestanddele

Koste: R750

 

4 in stock

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sagte versiersel spuit tegniek klas: 23 Februarie 2019”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.