Gedurende hierdie klas word jy die fynere kunsies van Pastry geleer en meer spesefiek word daar na gelamineerde deeg soorte gekyk. Wanneer ons van Croissants praat is dit ‘n gelamineerde gis deeg wat verwerk word in fyn lagies bros gebakte happies. Ons behandel Puff pastry (skilferkors), Flaky pastry (Blaardeeg), Flan basis (Pate Sucree of Brisee) en dan Short crust (Broskors deeg),  jy kan dan kies om een van hierdie deeg soorte te maak. Jy gaan dus huis toe met ‘n baksel Croissants en ‘n gewone Pastei deeg of flan. Onthou ook dat Croissant deeg verwerk kan word in Deense gebak! ‘n Baie besige en “hands-on” klas.

Hierdie klas word tweetalig aangebied (Afrikaans en Engels).

Beperkte plek

Sluit in: Nota’s, ete, verversings. bestanddele. Eie verpakking nodig en bring asb ‘n koelhouer. Nota’s en reëlings sal op die Donderdag voor die naweek se klas ge-epos word.

Plek: Van Gaalen kaasplaas

Tyd: 09h00-14h00