Description

Gekookte meringue lekkers kan nogal ‘n uitdaging wees, maar met die regte resep en paar kinkels in die kabel uit gestryk is dit sommer kinderspeletjies om hierdie lekkernye te maak.

Tydens hierdie demonstrasie van lekkergoed maak sal daar in detail gekyk word na elke stap van die proses asook die belangrikheid van kontrolering van temperature en stroop dikte. Die verhouding van bestanddele is perfek geformuleer om soos die ware Jakob te proe.

Ek demonstreer Nougat met Pekanneute en bessies asook heerlike veerligte Malvalekkers. Ek gaan kreatiewe maniere gebruik om jul te inspireer om uit die “boks” te help dink. Ons gaan na verpakking en ook raklewe kyk indien jy hierdie lekkergoed wil maak vir profyt.

Alle lekkers wat tydens die klas gemaak word gaan saam met jou huis toe om die vreugde met jou hartsmense te deel.

 

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 13h00

Ingesluit: Ligte verversings, nota’s (e-formaat), resepte gedruk, lekkergoed pakkie