Description

Wat jy kan verwag tydens hierdie demonstrasie:

Hierdie klas het ten doel om 4 aspekte van koek bak te hanteer.

  1. Die bak van verskillende soorte koeke vir spesifieke doele soos: Sponskoek, Botterkoek, Vrugte koek, Chiffon. In hierdie kategorie val dan ook Madeira, Pound cakes, Angelfood, Red velvet en vele meer. Vir die demonstrasie sal 4 soorte koeke demonstreer word: Spons, botter, vrugte en chiffon koek.
  2. Vulsels: Ganache, room en botter versiersels. Reels oor die stabilisering van room en hantering van kuns en egte room. Daar word dus ʼn ganache en ʼn roomkaas versiersel/vusel gemaak.
  3. Versiersels neem ook sy eie vorm aan en daar sal na ʼn gekookte (Italiaanse) en Botterversiersel gekyk word en dan ʼn vinnige versiersel/vulsel veeldoelige versoete roomkaas. Botterversiersel word gemaak vir die klas asook uit wys van hoe om geel botter / margarien witter te maak as wit vet nie beskikbaar is.
  4. Berging en stoor van produk en paar versier tegniek besprekingspunte soos krummel laag weer middels en glad maak van kante, sny van lae ens.
  5. Klas sluit in: verversings, ligte ete, voorbeelde van koeke om huis toe te neem. Bring asb eie verpakking.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 14h00