Description

Die Fees seisoen kruip nader en nader! Elke jaar diep ek geskenke uit my koskas op. Mens besef dit nie dat daar regtig oulike en ekonomiese geskenke vir oud en jonk op getower kan word. Hierdie jaar doen ek dit weer. Elke jaar groei die groepe se getalle wat bywoon en hierdie jaar is daar weer ʼn beperking aan die aantal sitplekke wat verkoop word. Moenie uit mis. Daar is ongelukkig net 2 datums beskikbaar. Hierdie is ʼn demonstrasie klas want ek gaan ʼn groot hoeveelheid werk in ʼn baie kort rukkie dek.

Wat maak ons?

Wel daar gaan iets vir die vel gemaak word vir die dames. Vir die mans is daar iets spesiaal vir die braai, maar dit wat ons maak gaan ook perfek wees vir die kombuis. Vir die kleinspan en soet tande ook ʼn ietsie en dan kyk ons na die feesmaal se spyskaart met oulike tafel dek idees en eet saam ʼn heerlike feesmaal soos wat ek aan my familie sou voorsit. Ek spandeer tyd met mooi maak van borde en ons kuier vir die dag voort. U neem huis toe ʼn pakkie van die dag se heerlike geskenke en resepte om tuis verder te woeker.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 15h00