Etes vir ‘n besige gesin: 29 Maart 2019

Etes vir ‘n besige gesin: 29 Maart 2019

R650.00

12 in stock

12 in stock

Category:

Description

Ek is passievol oor gesonde en voedsame etes vir my gesin. Ek is mamma wat ook moet werk en met drie kinders in die huis en woonagtig op die platteland, is dit soms ‘n uitdaging tov bestanddele en te min tyd om hierdie doelwitte te bereik van gesonde kos. Daarom dat ek vanuit hierdie perspektief besluit het om ‘n klas saam te stel om jou as die primêre sorggewer van jou gesin met kennis toe te rus om beter te beplan vir gesonde maaltye. Ek leer jou ook om voedsel etikette te lees om bewus te wees van al die verskuilde gevare in die bestanddele lys tov preserveer-, kleur- en geurmiddels. Aandag afleibaarheid is ‘n algemene woord en met ‘n beter gekontrolleerde dieet kan kinders gehelp word om minder en laer dosisse medikasie te neem. Ouers se tyd in die kombuis word ‘n plek van ontspanning en nie van “ag wat kook ek?”

In die klas gaan ons aktief deelneem aan besprekings en ook ‘n paar demonstrasies vir maaltye en kosblikke. ‘n Eformaat boekie word verskaf per epos met spyskaart voorstelle en uitruil kombinasies asook resepte. Ek gee aandag aan vrieskas kos, bêre mengsels en vooraf vervaardigde slaaie, peuselhappies ens.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 16h00

Ingesluit: Ligte vervesings, nota’s (eformaat), resepte gedruk, verpakking, bestanddele

Koste: R650

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Etes vir ‘n besige gesin: 29 Maart 2019”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.