Description

Wat jy kan verwag tydens hierdie demonstrasie:

Hierdie klas het ten doel om 4 aspekte van koek bak te hanteer.

  1. Die bak van verskillende soorte koeke vir spesifieke doele soos: Sponskoek, Botterkoek, Vrugte koek, Chiffon. In hierdie kategorie val dan ook Madeira, Pound cakes, Angelfood, Red velvet, Swartwoud kersie koek en vele meer. Vir die demonstrasie sal 4 soorte koeke demonstreer word.
  2. Vulsels en Versiersel: Ganache, room en botter versiersels. Reels oor die stabilisering van room en hantering van kuns en egte room. Daar sal later in die jaar ‘n klas wees tov versiertegnieke.
  3. Tydens die klas kry jy ook ‘n geleentheid om handjie by te sit en ook die koek wat jy huistoe neem self af te rond.
  4. Berging en stoor van produk en paar versier tegniek besprekingspunte soos krummel laag weer middels en glad maak van kante, sny van lae ens.

Klas sluit in: verversings, ligte ete, voorbeelde van koeke om huis toe te neem. Bring asb eie verpakking vir ‘n 15 cm koek saam

Venue: Van Gaalen Kaasplaas, Skeerpoort, Hartbeespoortdam

Tyd: 09h00 tot 15h00