Description

Hierdie klas het ten doel om die bakker, bakster, bakkerye, tuisnywerhede en bakkerswinkel eienaar meer inligting te verskaf rakende kop krappers soos raklewe van gebak, koste berekening, verpakking, nuwe tendense, demonstrasie van nuwe idees en tegnieke vir koeke, pasteie, gekookte etes en vele meer. Dit is ‘n dag vol vernuwing en afstof van ou resepte. Jy is ook welkom om vooraf vrae te epos na: boerekostwist@gmail.com sodat ons ‘n handleiding kan saamstel van wat jou behoeftes is vir jou spesefieke omstandigheide as bakker, winkel eienaar of iemand wat beplan om te begin bak vir ekstra inkomste. Winste te verhoog met sakpas aanpassings sonder om kwaliteit in te boet.

Klas sluit in: Gebruik van alle toerusting, bestanddele, verpakking, verversings en ligte middagete, kursus materiaal.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 15h00