1 Des 2018: Beginners fotografie: Ken jou kamera: Portret en Stillewe

1 Des 2018: Beginners fotografie: Ken jou kamera: Portret en Stillewe

R1,500.00 R990.00

7 in stock

7 in stock

Category:

Description

“Taking pictures is savouring life intensely…every hundredth of a second”, Marc Riboud. Om foto’s te neem is vir my persoonlik om ‘n storie te vertel hoe ek dit sien en ervaar. Ek wil die emosie van die situasie vasvang. Of ek nou ‘n foto van ‘n landskap plaas of van ‘n keurige bord kos…dit moet jou die kyker, leser intrek en ‘n emosie of aksie ontknoop. Om daardie storie te kan vertel, het ons ‘n kamera, lig en ‘n onderwerp nodig. Ek neem julle deur die kreatiewe prosesse wat ek gebruik om foto’s te neem en op hierdie reis leer jy jou kamera ken en werk eksklusief in Manual mode.

Elke individu het sy of haar eie styl en “oog”. Ek gee vir julle die basiese riglyne om jouself te ontwikkel en ontdek. Ek verduidelik Manual mode en Auto soos volg aan my studente: Manual mode is jou rat kar en Auto mode is jou outomatiese kar. Die rat kar neem langer om te leer bestuur in die begin, maar om self jou ratte te wissel wanneer jy wil, is die essensie, jy het volle beheer oor die kontroles. Hoe meer jy oefen hoe beter word jy, totdat jy nie meer met jou oë na die ratte of pedale kyk, maar instinktief reageer. Met outomaties kan jy nie soveel vryheid en kreatiwiteit aan die dag lê. Dus, moet jy elke knoppie so goed ken sonder om te soek…jou vingers moet ‘n “muscle memory” op bou. Ons professor het eendag in die klas die ligte afgesit en reg voor in die klas ‘n skerp liggie op ‘n appel laat skyn. Ons moes in ‘n sirkel staan ongeveer 3 m van die onderwerp. Glo my, dit was so donker ek kon nie die agterkant van die kamera sien…dus oefen en oefen en nogmaals oefen. Ek is nie ‘n fotograaf van formaat, maar iemand wat ‘n aanvoeling vir dit het. Ek het as student die joernalistieke kant van ons werk in die voeselbedryf ontdek en op my tyd daarin verder ontwikkel. Ek neem net met natuurlike lig en met die kennis wat ek oor die jare opgedoen het, kan ek vir julle ‘n bekostigbare opset in die klas demonstreer. Klas sal hoofsaaklik in Engels aangebied word weens terme.

Wat behels die klas?
1. Ek wil jou die balans tussen drie elemente leer: Apperture, Shutter speed en ISO om die perfekte Exposure te verkry. Elke student sal individueel gehelp word met hul kamera. Alle aspekte van die klas gaan jy self prakties toepas en nota’s neem. Om die doelwitte van die klas te bereik het jy ‘n DSLR kamera nodig. Basies ‘n kamera waarvan die lens verwyder kan word. Indien jy nie seker is oor jou kamera, stuur asb per epos met ‘n foto van die kamera by boerekostwist@gmail.com.
2. Jy gaan in Manual Mode werk en aan die einde van die klas nie weer Auto of enige ander settings gebruik. Manual staan vir Maklik.
3. Die volgende aspek is seker eintlik die belangrikste aspek van die hele klas: Lig! Hoe ons lig lees en hoe dit gebruik word op ons onderwerpe. Ons kyk na die gebruik van reflekteerders en diffusers.
4. Komposisie: maak nie saak of dit landskap of portret fotografie is wat jy doen…die komposisie reels geld by beide. Ons gaan nie net die rule of thirds gebruik nie maar die Golden aspect ratio en vele ander tydens klas bespreek en toepas.
5. Ons twee onderwerpe vir die dag gaan wees om ‘n persoon af te neem en dan ook om ‘n hele fotosessie van styllering tot fotografering te hanteer. Ons kyk na hoeke van waar daar afgeneem word 45 en 90 grade (flat lays of topshots).
6. Ek werk met Adobe se produkte en gaan net met Lightroom werk en paar eenvoudige konsepte vir julle wys om foto redigering te doen. Ek betaal tans R165 per maand om Photoshop en Lightroom te kan gebruik. Dit is regtig die beste manier vir redigering as jy ernstig is oor kwaliteit produkte. Anders is daar goed soos Snapseed en vele meer, wat gratis applikasies is wat per foon gebruik kan word.
7. Lense sal in die klas ook bespreek en demonstreer word: Prime vs Zoom. Watter lens om te koop vir jou spesefieke behoefte asook die kamera wat jou sak sal pas. Koop altyd eers die lens en kommer later oor die kamera self. Die lens is die ding wat die storie vertel…met kundigheid kan jy wel ‘n foto neem wat lyk soos iets uit ‘n boek. Ek het vir jare met ‘n Canon 650D geskiet en eers my lense opgebou. Die dag toe ek begin geld verdien met jy fotografie, het ek ‘n groter kamera aangeskaf wat hoër pixels neem omdat die fotos gedruk word in tydskrifte. Sodra jy na banners en groot borde kyk, dan begin die speelgoed soos die kamera body duur raak. Ek is self fotografeer met ‘n Canon 6Dii en 5Dii. Ek verkies die 6Dii omdat dit ligter is en steeds puik crisp clear images lewer.

In hierdie klas gaan ons baie werk doen van teorie tot prakties. Die klas is klein sodat elke kursusganger aandag kry. Daar word ook ‘n whatsapp groep gestig vir vrae en foto kommentare sodoende saam te leer en verder te groei.

Die kursus fooi sluit in: verversings vir die dag en nota’s. Dieet probleme en allergie moet gemeld word asb.

Venue: Bos en Berg guestfarm, Google maps pin

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “1 Des 2018: Beginners fotografie: Ken jou kamera: Portret en Stillewe”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.