Suurdeegklas by Milly’s, Machadodorp

Loading Events
  • This event has passed.

Suurdeeg brood word gemaak tydens die 7 ure suurdeeg klas. Ek fokus op twee tipes deeg wat die basis vorm van Suurdeeg gebak vormings tegnieke: High hydration en Low hydration deegsoorte. Beide deegsoorte deeg, maak nie saak watter koringmeel jy gebruik, het sy eie unieke manier van knie, opmaak en bak. Koue fermentasie prosesse word hanteer asook alle gesondheidsaspekte rondom kolon, allergië en konsentrasie probleme. Voer en instandhouding van suurdeegplantjie word gedek asook die bakkerspersentasies om eie resep ontwikkelling te doen. Verder word drie style van rys hanteer naamlik: Suurdeeg, kombinasie van suurdeeg en gis asook gis. Na afloop van die kursus sal u instaat wees om tussen die verskillende deeg tipes te onderskei, die hantering daarvan, bakkerspersentasies uit te werk en ook gesonder te leef.

Besprekings moet direk by Milly’s of Machadodorp gemaak word:

Riette Britz Tel: 013 2560718 Epos: riette@millys.co.za

Kursus sluit in: Sluit ligte ete, bakkerstelletjie, glasie wyn en verversings in. Daar is akkomodasie beskikbaar by Milly’s.

 

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email