Suurdeeg / Sourdough klas

Loading Events
  • This event has passed.

Hierdie klas handel oor die essensie van ouskool broodbak praktyke. Daar word aandag gegee aan intestinale gesondheid (feite en mites oor gluten intolleransie en gluten allergië), IBS, snellers vir ADD en ADHD. Steengemaalde meel word in die klas gebruik om sodoende by te dra tot goeie gesondheid. Gedurende die 7 ure klas werk jy met ‘n hoë hidrasie deeg (slap deeg) en lae hidrasie deeg (stywe deeg). Beide van hierdie deeg soorte het eie soortige knie en hanterings tegnieke. Wil jy die “holy one” (ciabata) met gate bak? Dan is jy op die regte plek! Want Ciabata val in die hoë hidrasie deeg kategorie. Laaste maar nie die minste: die plantjie: hoe om ‘n nuwe plantjie te begin, te onderhou en bakkerspersentasies te verstaan.

Venue: 8 persone: Bos en Berg gastehuis, 8 + persone: Van Gaalen Kaasplaas (venue sal 2 dae voor aanvang van klas bevestig word). Venues is 900 m uit mekaar.

Kostes: R990 sonder bakkers stel. R1250 met bakkers stel (mandjie, lappie, skraper)

Besprekings