Suurdeeg /Sourdough Brood klas

Loading Events
This event has passed.

Suurdeeg brood is die gesonder opsie om te oorweeg indien jy wil oorbeweeg na steengemaalde meel en eeu oue brood praktyke. Suurdeeg bevat goeie mikrobes vir die maag en die dermkanaal en gepak met probiotika. Jy sal tydens die klas geleer word hoe om ‘n suurdeeg plantjie te onderhou, brood elke dag te kan bak en ons kyk na alternatiewe maniere om ‘n brood voorraad op te bou. Tydens hierdie klas word jy die basiese beginsels van Suurdeeg brood en Gis brood geleer. Daar word aandag gegee aan verskillende deeg soorte soos ‘n “high hydration” en “low hydration” deeg. Hierdie hidrasies onderskei ook die knie- en opmaak tegnieke vir die verskillende brode. Jy bak self die brode in die klas en kry die gevoel van die deeg en die hantering daarvan. In die klas word ‘n basiese bruin of witbrood gemaak met suurdeeg en ‘n demonstrasie van die Ciabata word gedoen.

Bespreek op die rooi skakel: Suurdeegklas

Tyd: 09h00 -15h00

Plek: Bos en Berg gasteplaas

Notas: Word per epos 2 dae voor aanvang van klas gestuur.

Bring saam: Koelhouer, 750 ml glasbottel om plantjie in te vervoer met dig passende deksel, pen.