Loading Events

Hierdie klas word net 1 x per jaar vir lesers aangebied wat reeds die basiese Suurdeeg en Gis gebak by my gedoen het.

Tydens hierdie klas ontvang elke kursusganger drie soorte deeg om te vorm en stylleer soos aan hul tydens die demonstrasie gewys. Die drie verskillende soorte deeg word in detail bespreek, gemaak en dan gevorm. Tydens hierdie klas word daar terugvoering gegee en probleme oor Suurdeeg hanteer. Daar word ook aandag gegee aan spesialis snitte vir brode en vou tegnieke. Dus ‘n baie besige en praktiese klas.

Venue: Bos en Berg guestfarm, sien Google Maps vir pin

Tyd: 09h00 tot 16h00

Ingesluit: Ligte verversings, nota’s (e-formaat), resepte gedruk, verpakking, bestanddele

‘n Ekstra bakkerstelletjie teen R250 kan bestel word by: boerekostwist@gmail.com wat in sluit, linne bedekte bakkersmandjie. Bakers couche lappe teen R150 per 50 cm.

Klik hier om te bespreek

book a class