Pastry klas

Loading Events
  • This event has passed.

Gedurende hierdie klas word daar verskeie deegsoorte hanteer en gemaak. Broskors, Skilferkors en Blaardeeg word gemaak en ‘n variasie van vulsels soet en sout. Ons gee aandag aan die kreatiewe kant van pasteie optooi en faktore om ingedagte te hou wanneer pasteie gebak word. Dit is ‘n klas vol pret en so tussen deur leer ons sommer baie.

Foto: Een van my studente se projekte van die vorige klas: Madeleen Botha

Kostes sluit in: Deeg skraper, bestanddele, nota’s, verpakking, verversings

Venue: Venue sal die woensdag voor klas bevestig word. Kleiner groepe kry klas by Bos en Berg guestfarm en groter groepe Van Gaalen kaasplaas. Beide venues is op Google Maps beskikbaar.

Besprekings op die volgende skakel: Pastry class booking