Kruie en Speserye kook demonstrasie met ete 12 Mei 2018

Loading Events
This event has passed.

Baie van julle sal saam stem, dat die grootste kopkrapper soms die gebrek aan kennis van kruie en speserye mens soms na raserny dryf. Daar is soveel botteltjies op die rakke maar watter geur om in watter gereg te gebruik kan soms problematies wees. Om nie eens te praat van vars kruie. Ek haal vir jou, die tuiskok, die kopkrap bietjie uit hierdie vrae en gaan op ‘n praktiese wyse jou blootstel aan ‘n wye verskeidenheid toeganklike kruie en speserye. Daar is ‘n hele spens vol kruie vir julle om aan te ruik en te proe. Tydens die demonstrasie sal al die voedsel wat berei word ook vir julle aan die einde van die dag bedien word as ‘n volkome ete. Ons begin met ‘n voorgereg, hoof gereg en ‘n nagereg. Ons kyk na infusie van geure, ontsluiting van aroma’s en dan ontvang jy ook ‘n hele lys van kruie en speserye voorstelle tabelle om kook vir jou te vergemaklik in die winkels en ook tuis. Ek kook met ‘n Indiense tema ingedagte, vir ‘n kleure en geure reis met sy eie bekoring.

Koste: R550 per kop, sluit in verversings, ete, resepte en masala om huistoe te neem wat jy self meng. Plek vir net 12 persone. Spyskaart word 3 dae voor die klas bekend gemaak tov beskikbaarheid van vars kruie en speserye inseisoen.

Plek: Boerekos met ‘n Twist ateljee te Bos en Berg guestfarm (Google map pin: Bos en Berg guestfarm)

Tyd: 09h00 tot 14h00

Datum: 12 Mei 2018

Klik hier: Kruie en Speserye Klas besprekings