Kosfotografie

Loading Events
This event has passed.

Die doel van hierdie klas is om jou te leer om met jou slimfoon, tablet en kamera mooi kosfoto’s te neem. Enige kamera kan gebruik word en die fokus is om die beste uit jou kamera te haal wat jy tans besit, so jy gaan jou kamera van voor tot agter leer ken. Dit is vir my belangrik dat jy verstaan hoe die kamera “dink” en die lens fokus. Elke ikoon op die kamera se verstellings word hanteer: portret mode, landskap mode, nag mode en waarvoor staan Av, Tv, P en M (lg is die keuse van meeste van ons fotograwe, want jy kan baie meer kreatief te werk gaan). Ek kyk na die drie faktore wat ‘n foto maak of breek: ISO, sluiterspoed (shutterspeed) en diepte van veld (Fstops, apperture), hoe om die perfekte balans tussen die drie te kry. Ons gebruik net natuurlike lig en eenvoudige toerusting om die beste uit elke foto te haal.

Ons kyk na uitlegte en komposisie vir die neem van jou mooi kos se foto’s en ‘n paar kinkels word geleer om ‘n foto mooier te laat lyk en die kyker te laat kwyl. Die proses van fotografering, styllering, data verwerking word ingeoefen sodat daar ‘n ordelike vloei van werk is. Light Room is die keuse van foto prossesering wat gebruik word en word net ten dele bespreek en demonstreer, want hierdie is ‘n klas op sy eie.  Kosfotografie val in die kategorie van portret fotografie agv die hoeke waarmee ons werk. dus is die klas tweeledig van aard.

Laaste maar nie die minste…bemarking! Hoe, waar, wie?

Venue: 8 persone: Bos en Berg gastehuis, 8 + persone: Van Gaalen Kaasplaas (venue sal 2 dae voor aanvang van klas bevestig word). Venues is 900 m uit mekaar.

Koste: R1500 per persoon

Aanbieder: Annelien Pienaar

Besprekings