Loading Events
This event has passed.

Tydens hierdie klas word jy geleer hoe om konfyt, blatjang en piekels te berei en so te verwerk dat dit vir jare op die rak veilig bewaar word. Voedsel veiligheid, higiene is aan die orde van die dag. Mense wat dalk sou beplan om te preserveer vir markte sal verseker met hierdie klas die fynere kunsies leer van preservering. Hierdie klas is geskik vir almal wat meer wil weet oor bewaring en verwerking van groente en vrugte. Daar word ook aandag gegee aan bevriesing vir latere gebruik in bottel en bere resepte. Ons gebruik vir hierdie klas net vars produkte wat op die plaas beskikbaar is en in die groente tuin groei. Dus sal die klasse varieer van wat in die bottels gebere word, maar daar sal elke keer aandag gegee word aan konfyt-, blatjang en piekels verwerk.

Plek: Bos en Berg gasteplaas (Google pin op Google maps is: Bos en Berg guestfarm of GPS: Laerskool Skeerpoort)

Tyd: 09h00 tot 16h00

Koste: R850 en sluit in: Bestanddele, verversings, notas, ligte ete

Bring asb saam: 6 x 375 ml glas botteltjies en koelhouer, pen

Neem kennis: Nota’s sal die Donderdag voor die klas aan die kursus gangers gestuur word.

Klik op die rooi skakel om te bespreek: Preserverings klas