Loading Events

Die hoofdoel van hierdie eendag klas is om ʼn verskeidenheid versierbuis punte vir 3D spuitwerk te leer ken en prakties toe te pas. Maar, wat is versiersuiker sonder koek? Daar sal ʼn demonstrasie en gesprek wees rondom sponskoeke en botterkoeke as basis vir ʼn verskeidenheid aanwendings. Alle kopkrappers rondom koekbak hanteer.

Kursus uitleg:

  1. Botterkoek en Sponskoek demonstrasie.
  2. Bereiding van vulsels
  3. Bereiding van geskikte 3D spuitbare versiersels
  4. Demonstrasie van tegnieke en dan oor gee aan kursusgangers
  5. Individuele aandag aan elke student met die in oefen van spuit tegnieke op kolwyntjies wat tydens die klas voorsien word.
  6. Spuit tegnieke sluit in die gebruik van Russiese spuit punte, Saint Honore punte, Standaard versierpunte en ook 3D rose.

Kursus sluit in: nota’s, gebruik van toerusting, kolwyntjies, verpakking, ligte ete en verversings.

Klik hier om te bespreek!