Kaasmakery

Loading Events
  • This event has passed.

Beginners en Gevorde kaasmaak praktyke word geleer in die klas. Cheddar of Gouda, Feta, Mozzarella, Haloumi, Yoghurt, Labneh en Maaskaas. Die klas word in groepies van 3-4 verdeel om mekaar af te los met die roer en kontrole van temperatuur. Alle produkte word huistoe geneem na klas behalwe cheddar of gouda wat moet verouder.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

 

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

Koste vir die twee dag klas: R2250. Kaasmaak stelle kan direk by verskaffer bestel word met ontvangs van nota’s.
Print Friendly, PDF & Email