Loading Events
This event has passed.

Hierdie klas het ten doel om te kyk na aanvulling van probiotika in die verteringstelsel op ‘n natuurlike manier. Tydens hierdie klas word vrugte verwerk na asyn soos in die geval van Appel asyn en groente verwerk na Saurkraut. Ons leer tydens hierdie klas om ‘n eie scoby te maak vir hierdie fermentasie prosesse. Kombucha word bespreek en ook ander gefermenteerde produkte soos kefir.

Gedurende hierdie klas ontvang jy ‘n appel asyn scoby

Jy maak jou eie appel asyn van die heel begin en neem huistoe om verder die prosesse te voltooi

Jy maak ‘n vinnige kool fermentasie slaai.

Sauer kraut prosse van anaerobies werk word demonstreer en die nodige toerusting gewys hoe dit werk. Dit kan direk by die verskaffer bestel word.

Klas sluit in: bestanddele, verversings en ligte middagete. U moet 2 x 2 liter glas bottel saam bring vir hierdie klas.

Notas word die Donderdag voor aanvang van klas uit gestuur asook verdere reëlings.

bespreek die klas | book this class