Bottel en Bêre klas 5 Mei 2018

Loading Events
  • This event has passed.

Preservering is een van die belangrikste dinge op my agenda op die plaas. Niks gaan verlore nie. Tydens die klas gaan ons na perserverings tegnieke kyk en my fokus gaan rus op wat ons in ‘n bottel kan preserveer met die regte higiëniese praktyke. Voedsel veiligheid is en bly my eerste en belangrikste punt wat ek aanraak. Tydens die klas word daar ‘n blatjang en ‘n konfyt ingemaak met groente en vrugte inseisoen. Daar word aandag gegee aan tuisgemaakte en kommersiele pektien en die toepassing daarvan sonder om engie ander verdikkingsmiddels te gebruik. My produkte bevat GEEN preserveermiddels behalwe die natuurlike middels soos, suiker, asyn, sout, hitte en sterilisering op die regte manier.

Elke student neem huistoe alles wat hul self op die dag preserveer het naamlik ‘n konfyt en ‘n blatjang.

Kostes: R750 per persoon. Sluit in resepte, bestanddele, verpakking, verversings en ligte ete. Ongelukkig net plek vir 8 studente per klas.

Venue: BoereKosTwist se ateljee te S43, Skeerpoort, R560 (Google Maps pin: Bos en Berg guestfarm)

Tyd: 09h00 tot 14h00

Datum: 5 Mei 2018

Klik op onderstaande skakel vir besprekings

Bottel en Bêre besprekings