Loading Events

Hoekom self suiwel verwerk? Wil jy weg beweeg van preserveermiddels, kleur- en geurmiddels? Deur self jou eie sagte en harde kaas te maak gaan jou ‘n paar rand spaar na die dokter en die apteek. Die kostes is baie laag om jou eie goed soos jogurt, maaskaas en feta te maak. Tydens hierdie klas help ek jou verstaan wat die snellers is vir allergiese reaksies en hoe om met probiotika in die reeks van kulture waarmee ons kaas maak daardie behoeftes vir intestinale gesondheid aan te spreek.

Hierdie klas het ten doel om jou te leer om die volgende produkte tuis te produseer onder veilige en gekontrolleerde omstandighede:

Probiotiese en gestabiliseerde jogurt met die resep vir jogurt kaas by

Amasi met die resep om maaskaas te maak d.m.v. dreinering

Botter

Feta

Haloumi

Klas sluit in: Gebruik van alle toerusting, bestanddele, verpakking, verversings en ligte middagete, kursus materiaal. Direkte toegang tot kultuur verskaffer na afloop van die klas vir voorraad bestelling

Venue: Liedjiesbos, Bloemfontein

Tyd: 09h00 tot 16h00

Klik hier om te bespreek

book a class